Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING (with translation)
"Lente in Johannesburg" deur FERDI GREYLING (with translation) [boodskap #14304] Ma, 04 Mei 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
LENTE IN JOHANNESBURG
Ferdi Greyling

Oor die koppies, uit die noorde,
waai 'n droë wind op die stad.

Later, na die donderweer,
vee die reën oor die huise se sinkdakke.

In die agterplaas hang die kristal
van die stil oggend
om die groen boom.
Die voëls sing gaatjies in die stilte.

Op die sypaadjie
voor die verkeer
is my liefde
blou in die jakarandabome.

Translations for Reka:

lente: spring (somer, herfs, winter)
koppies (small rounded hills)
noorde: north (ooste, suide, weste)
waai: blow
'n droë wind : a dry wind (droog = dry)
stad : city
donderweer : the thunder (weer: weather)
vee: sweep
reën: rain
sinkdakke: roofs made of corrugated iron
agterplaas: backyard
kristal: crystal
gaatjies: small holes (gat/gate/gaatjies)
stilte: quietness
sypaadjie: the sidewalk (pad/paaie/paadjie)
verkeer: traffic
blou : blue
jacarandabome: jacaranda trees (boom/bome)
(jacaranda trees have translucent light purple-
blue sprays of flowers coming out early in
the spring before any leaves appear. There
is usually a blue carpet of the dropped blooms
on the ground. South Africans living outside
South Africa have been known to time their
visits to South Africa to coincide with the
blooming of the jacaranda trees, usually in
October.)
Vorige onderwerp: "Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN (vir Reka)
Volgende onderwerp: "Vaalvalk" deur W.E.G. LOUW (with translation)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:28:26 MGT 2024